Jaargang 43
April 2021
Foto: Emma Olivier

Dit is 'n feit soos 'n koei: nie almal van ons het groen vingers nie, maar met ‘n bietjie hulp en 'n stoot in die regte rigting, kan ons wondere verrig.

'n Hele paar plante kan eenvoudig deur 'n steggie groei. Jy sny 'n gedeelte van 'n plant af, bv. 'n blaar of 'n stingel, plant dit in 'n potjie met grond en maak seker jy hou dit klam. Ná 'n week of twee sal die plantjie begin wortel skiet en in 'n nuwe plant ontwikkel. Voorbeelde van plante wat deur steggies kan groei, is laventel, roosmaryn, vetplante, fuchsia, kersfeesblomme, ment- blare, tiemie en malvas.

Vetplante is uitstekende waterbesparende plante. As jy dus een van daardie mense is wat vergeet om jou plante water te gee, is 'n vetplant 'n goeie keuse om mee te begin. 'n Oulike spesie van vetplant, Bryophyllum daigremontianum (beter bekend as "Mother of Thousands"), het baba- plantjies wat op sy blare groei, afval en dadelik in nuwe plante ontwikkel.

As jy ‘n bietjie kreatief wil wees, verander sommer jou te-klein-skoene in 'n nuwe huis vir 'n plant. Na jou volgende koppie tee, maak die teesakkies bymekaar en plaas dit onder in die pot, aangesien teesakkies goeie water- houvermoë het.

In plaas daarvan om saadjies van groente te koop vir 'n groetetuin, druk 'n aartappel of patat in die grond, hou dit klam en siedaar! Nuwe groenteplante - heeltemal verniet! Het jou tamaties ‘n bietjie oorryp geraak? Die saadjies ontkiem vinnig en kry op dieselfde tyd voedingstowwe van die ontbindende tamatie. Druk 'n paar eierdoppe stukkend en gee die slakke 'n uitdaging met jou hindernisbaan.

Tuinmaak is pret en met hierdie wenke sal jy sien jy kan dit net so baie geniet sonder enige groen vingers.

Lees Verder

Her Majesty en die televisie

Kyla van der Riel

Herrys van modes uit die verlede

Emma Craucamp

Herdenking: Woorde, aksies en vorentoe

Cara Reyneke

Herkén jy die naam?

Emma Olivier en Renke Lorio