Jaargang 43
April 2021
Foto: Emma Olivier

NP van Wyk Louw se bekende woorde lui: “Die jaar word ryp in goue akkerblare.”

Dit is een van die mooiste tye van die jaar. Dit is elke jaar ‘n wonderlike voorreg om die Kaapse Wynlande getooi in helder, warm kleure te kan beleef. Die oggende word koeler en die stoepsit-aande word korter.

Die herfs bring ‘n bepaalde rustigheid en vrede.

Dit is amper asof die natuur na die ekstreme hitte ‘n klein bietjie wil asem skep en vir ‘n oomblik stilstaan. Ons raak so maklik in die alledaagse opgesweep dat ons skaars tyd maak om ook net asem te skep.

Alles verander.

As jy iemand is met ‘n vrees vir verandering, is hier is boodskap vir jou: ‘n Vrees vir verandering is normaal en dalk selfs in die menslike natuur, maar verandering word ook ryp in goue akkerblare (dalk nie dadelik nie, maar wel). Dit is belangrik om te onthou dat ‘n mens kan verander sonder om noodwendig jouself agter te laat. Bome se blare val, maar hul wortels bly geanker.

Die herfs bring ‘n voorspelbare toekoms wat in die hede en verlede dieselfde bly. Al is ‘n mens se lewe egter nie ‘n voorspelbare siklus nie, kan ons terugkeer na vergete dinge, terwyl ons vorentoe beweeg. Herfs is ‘n bewys dat daar iets baie mooi in verandering kan wees.

Laat ons nooit hierdie dae as vanselfsprekend aanvaar nie, maar weet dat die toekoms ook Somerdae inhou.

Lees Verder

Heroïese werk van skoolsekuriteitswagte

Emma Olivier

Herontdek die storie agter ‘n goue idioom

Renska Krynauw

Heroorweeg

Emma Craucamp

Herrie oor groen goud

Juliette Behr