Jaargang 43
April 2021
Foto: Danielle Swanepoel

Covid-19 het Dee-Effers in baie aspekte beïnvloed. Aan die positiewe kant het leerders die geleentheid gehad om meer selfdissipline aan te leer deur e-leer en meer blootstelling te ervaar aan wat in ons land en die wêreld gebeur. Aan die negatiewe kant het ons groot hoeveelhede akademiese tyd gemis en ook tyd in die buitelug verloor a.g.v. die grendeltydperk.

Vars suurstof en sonlig het soveel voordele vir die mens. Dis ‘n groot bron van vitamiene D, verbeter kort- en langtermyn konsentrasie, verminder angs en stres, verbeter jou slaappatrone en versterk funksies in jou immuniteitstelsel.

Gelukkig bied die Wes-Kaap vele aktiwiteite en geleenthede vir ons om al hierdie voordele te kry:

  • Besoek Tafelberg. Hierdie ervaring is ‘n lekker aktiwiteit om saam met vriende en familie te geniet.
  • Besoek een van die strande. Koop ‘n roomys en bewonder die golwe.
  • Besoek een van die tuine. Kirstenbosch bied asemrowende staproetes en perfekte plekkies vir ‘n piekniek. Babylonstoren sluit aan met die staproetes en interessante geskiedenis om van te hoor.

Aktiwiteite met ‘n begroting maak dit ook moontlik om die buitelug te geniet:

  • Kom kyk na die seekoeie, voëls en elande by Rondevlei Natuur Reservaat.
  • Besoek Milnerton Markie en geniet ‘n paar interessante happies.
  • Speel putt-putt saam jou vriende.
  • Pak ‘n koffiefles en toebroodjies en stap in die Tygerbergse Natuurreservaat saam met jou familie.

Jy hoef ook nie altyd na plekke toe te gaan om vars lug te geniet nie. ‘n Braai op naweke of ‘n draffie na skool is ook ‘n manier om die buitelug te geniet.

Wees eerder ‘n natuurbewonderaar as ‘n hermiet.

Lees Verder

Herbivoor: nie net van toepassing op vier-voetiges nie

Juliette Behr

Herrie oor groen goud

Juliette Behr

Hertz: Merkwaardige verskille tussen mens en dier

Janike Smith

Herdenking: Woorde, aksies en vorentoe

Cara Reyneke