Jaargang 43
April 2021
Foto: Shianne Brand

Onseker oor wat jy gaan doen na jy jou matriekjaar afsluit? Hier is ‘n paar ander opsies as universiteit.

Die besluit om ‘n beroeprigting te kies, is een van die grootste besluite wat jy nog sal maak. Dit bepaal jou toekoms in alle aspekte. Die mense wat jy sal ontmoet, die huis wat jy gaan koop en hoeveel geluk jou werk vir jou bring, word alles deur die besluit wat jy na matriek maak, bepaal.

Dus is dit ongelooflik belangrik dat jy die regte besluit neem.

Die beste manier om ‘n ingeligte besluit te maak, is deur tyd en ervaring. Om ‘n gap-jaar te neem, kan albei hierdie faktore voorsien as jy dit reg gebruik.

Au-pair kan jou leer hoe om met mense te werk, baie geld en konneksies op te bou en sal vir jou ‘n geleentheid gee om moontlik deur die wêreld te toer, wat menigte voordele kan bring.

Jy kan ook kort kursusse neem oor die tipe rigtings waarin jy belangstel. Dit sal jou wys waar jy suksesvol kan wees en wat nie vir jou bedoel is nie, sonder om te veel geld te spandeer.

Baie plekke bied toere aan na, byvoorbeeld, die Kgalagadi Nasionale Park waar jy kan leer oor natuurbewaring. ‘n Mens kan ook op die groot yachts in Monaco gaan werk, wat vir ‘n mens allerhande vaardighede kan aanleer en geleenthede vir ‘n permanente werk kan gee.

Voor jy te gespanne raak, onthou net dat daar altyd meer opsies vir jou daar buite is. Nie almal is bedoel om dadelik Universiteit toe te gaan nie en tyd bring duidelikheid.

Lees Verder

Herontdek die storie agter ‘n goue idioom

Renska Krynauw

“Herrie” en ander minder bekende neologismes

Kyla van der Riel

Hermiet

Leah Coetzee

Herrie oor groen goud

Juliette Behr