Jaargang 43
April 2021
Foto: Emma Olivier

Afrikaans is ‘n taal wat saam met sy sprekers vloei en ontwikkel. Die grootste deel van die Afrikaanse woordeskat kom wel van Nederlands, maar Afrikaans het nie net skielik ontstaan uit die Nederlandse taal nie.

Die maatskaplike omgewing en Kaapse invloede het ‘n groot rol gespeel. Verskillende maniere is gebruik om die Afrikaanse woordeskat uit te brei. Hieronder tel erfgoed, leengoed en eiegoed:

Afrikaanse woorde is geërf van die Maleis-Polinesiese taalgroepe wat in die Kaapse Moslemafrikaans opgeneem is; ander is geleen van Arabies, Engels, Frans en Nederlands en dan was daar nuutskeppinge wat hier in volksmond ontstaan het.

Nuutskeppinge gee naam aan sekere dinge en begrippe in ‘n taal. Sulke woorde kan spontaan in volksmond ontstaan. Voordat ‘n nuutskepping aanvaar word, moet dit volgens Basson e.a. (1982:23) (i) duidelik wees dat dit aan ‘n behoefte voorsien en nie ‘n ander woord verdring nie (ii) ondubbelsinning en onmiddellik die saak of voorwerp aandui en (iii) pittig en kernagtig wees sodat dit maklik inslag sal vind onder taalgebruikers.

Woorde word slegs as neologismes beskou tot dit aanvaar of verwerp word (en moet m.a.w. deel van ‘n woordeskat word).

Hier volg n paar oulike Neologismes waarmee jy jou taal kan opkikker.

Arkmark (Engels: pet shop)

Takelwa (Engels: break-down van)

Domp (Engels: dim lights)

Boemeltrein (stadige trein)

Herrie (om ‘n scene te maak/ om ‘n herrie op te skop)

Lees Verder

Hermiet

Leah Coetzee

Herlees: 3 redes waarom jy Classics moet lees

Renke Lorio

Heroïese werk van skoolsekuriteitswagte

Emma Olivier

Her Majesty en die televisie

Kyla van der Riel