Jaargang 43
April 2021
Foto: Emma Olivier

Het jy al ooit gewonder of diere dinge kan hoor en sien wat ons mense nie kan nie? Laat ons ‘n bietjie delf in die diereryk se skatkis vol merkwaardighede.

Slange het 'n spesiale groep sensoriese selle wat deur hitte geaktiveer word as 'n slang se prooi soos 'n muis naby is. Deur die infrarooi-prentjie in die slang se brein, kan hy makliker sy prooi opspoor en bekruip.

Mense het oor die algemeen drie verskillende tipes kleur herkenningselle, (2% van vrouens het selfs vier verskillende tipes selle), maar die Mantis garnaal het 12 verskillende tipes selle! Dit beteken hul wêreld is vier keer kleurvoller as die mens s’n.

Jy het seker al gehoor muskiete kies 'n prooi wie se voete ietwat van 'n reukie afgee, of sy asem ‘n bietjie snaaks ruik. Muskiete is eintlik agter die koolstofdioksied aan wat uitgeasem word. Hulle het klein sensoriese organe wat die koolstofdioksied opspoor en so hul volgende prooi vind.

Wedvlugduiwe is ook baie uniek. Hulle kan kilometers ver hul pad huis toe vind deur gebruik te maak van die aarde se magnetiese velde, asook landmerke soos riviere, bome of paaie.

En hoekom dink jy begin Wagter al lank voor die bure met hul honde verby jou huis loop, blaf? Dit is omdat honde klanke kan hoor wat vier keer verder weg is as wat jy kan hoor. Dit verklaar ook hoekom honde baie erg reageer op vuurwerke se harde geluide.

Mens en dier verskil hemelsbreed, maar dit laat ons net opnuut waardeer hoe spesiaal ‘n ieder en ‘n elk is!

Lees Verder

Her Majesty en die televisie

Kyla van der Riel

Herdenking: Woorde, aksies en vorentoe

Cara Reyneke

Hermiet

Leah Coetzee

Herkén jy die naam?

Emma Olivier en Renke Lorio