Jaargang 43
April 2021
Foto: Emma Olivier

Die meeste Dee-Effers ken vir Floyd Lolwana, wat by die skool se hoofingang waghou. ‘n Mens is egter geneig om dinge soos sekuriteit by die skool as vanselfsprekend te aanvaar. Hier is ‘n onderhoud met Floyd, sodat lesers hom ‘n bietjie beter kan leer ken.

Vir hoe lank werk jy al by die skool?

Ek het in 2013 hier begin werk.

Wat is jou gunstelingdinge om in jou vrye tyd te doen?

Ek geniet dit om krieket en hokkie te kyk, boeke te lees…

Watter soort boeke lees jy?

Enige boeke—romans!

As jy enige iets vir ‘n leerder by DF sou sê, wat sou dit wees? Het jy enige boodskap wat jy voel ‘n DF-leerder behoort te hoor?

Ek wil net sê - nie net as Floyd nie, maar as iemand wat vir sekuriteit by die Hoërskool DF Malan verantwoordelik is - dat ons alles moontlik doen om seker te maak dat álmal in die skool beskerm word. So, wanneer die sekuriteitswagte ‘n leerder verhoed om die skool sonder die nodige dokumente te verlaat, doen ons dit vir die leerder se eie veiligheid, want dit is waarom ons hier is. Ons is hier om die leerders te beskerm.

Het jy enige lewenslesse of iets wat jy voel ander ook moet weet?

Wanneer jy hierdie werk doen, werk jy met mense. Wanneer jy met mense werk, moet jy enige iets kan verwag. Jy werk met mense met verskillende tipes gedrag, jy sien? Ek het geleer om na mense se optredes te kyk en agter te kom wat hulle gaan doen.

As ‘n leerder byvoorbeeld wil uitteken sonder die nodige briewe of iets soos dit, en die skool laat haar nie toe, maar haar ouer daag op en sê dat sy die skool moet verlaat, wat doen jy dan?

Wat doen jy?

Jy sien! ‘n Mens moet vining besluite kan maak.

(‘n Vriendin stap verby en vra of ek OK is. Sy dink ek teken uit.)

Dit is lekker om met verskillende mense te werk, maar dit is nie altyd maklik nie.

Kan jy aan enige snaakse of interessante gebeurtenisse dink wat jy al by die skool ervaar het?

Ek sal seker oor die naweek skielik dink: “O! Waarom het ek nie dít onthou nie?” maar ek kan op die oomblik nie aan iets soos dít dink nie: vreemde insidente…

Kan jy jou familie beskryf?

Ek is ‘n pa wat graag by die huis tyd met my kinders deurbring. Dis al.

Daar is nie nog vrae nie, maar baie dankie vir jou tyd, Floyd.

Dankie. Ek wil net laastens beklemtoon: moenie net buite die skoolhek wag en jou foon uithaal as jy alleen is nie. Ons gee oor die leerders se veiligheid om.

Lees Verder

Hercules: Dade van histeriese menslike krag

Danielle Swanepoel

Herlees: 3 redes waarom jy Classics moet lees

Renke Lorio

Herbivoor: nie net van toepassing op vier-voetiges nie

Juliette Behr

Hersenskim: DF se droom vir rolstoelvriendelikheid word waar

Dehan Lotz